Annastachia September, 'n lid van die Da Gamaskop-GPF, is op 30 Augustus laas gesien toe sy in 'n rooi Ford Bantam-bakkie met 'n wit kappie gery het.
Die SAPD het verskeie leidrade opgevolg en voetpatrollies is geloods in die Albertinia-, Van Wyksdorp- en Herbertsdale-omgewing.
Lede van SAPD se lugvleuel in Kaapstad het ook aan die soektog deelgeneem.
Verlede week is area weer eens die Albertinia- en Herbertsdale-omgewing gefynkam deur lede van die SAPD Da Gamas
kop in samewerking met die Outeniqua K9 honde-eenheid.
Enige persoon met inliging kan die ondersoekbeamptes, sersante Adele Binneman en Henry Bekker, kontak by 044 606 2200.
Klik hier vir 'n vorige artikel.
Annastacia September
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'