MOSSELBAAI NUUS - Toetse is die afgelope week by die Hartenbosrivier gedoen om die oorsaak van visvrektes wat gerapporteer is te bepaal. Mosselbaai-munisipaliteit se direkteur tegniese dienste, Dick Naidoo het bevestig dat die vrektes nie aan rioolstortings van die munisipale watersuiweringswerke toegeskryf kan word nie.
In samewerking met die Hartenbosrivierforum is die onderskeie departemente wat vir die bestuur van die rivier verantwoordelik is, genader vir toestemming om die riviermond oop te maak. Op Woensdag, 4 September is die riviermond meganies oopgemaak.
Die munisipaliteit sal na verwagting vir 'n geruime tyd die water se suurstofvlakke en suurvlakke toets.
Dooie vis is in die rivier opgemerk.
Water van die see vloei in die riviermond in.
Op Woensdag, 4 September het die werk begin om die riviermond meganies oop te maak. Foto's: Grey Stopforth
Lees 'n verwante artikel: Latest on Hartenbos River Estuary
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'