MOSSELBAAI NUUS - Die opgegradeerde gebou in Marshstraat, ook bekend as die ou Sportskool sal eersdaags ingewy word.
Die gebou is teen R16 miljoen opgegradeer en behoort aan die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke.
Woordvoerder, Jandré Bakker sê provinsiale staatsdepartemente sal in die gebou gehuisves word. Bakker sê geen datum is egter al gefinaliseer vir wanneer die gebou beset sal word nie.
"Dit sal eersdaags wees sodra die meerderheid personeel terugkeer."
Volgens Bakker sal 'n lintknip-seremonie tydens die eerste dag van die opening gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'