MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai NSRI het vanoggend om ongeveer 10:15 op ‘n oproep gereageer van ‘n beweerde verdrinking by Hartenbos.
Volgens die NSRI stasiebevelvoerder, André Fraser is bemanning na die toneel ontplooi, maar het hulle by hul aankoms niks gevind nie.
Verdere ondersoek word ingestel na die oorsprong van die oproep.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'