Update
MOSSELBAAI NUUS - Die jong man van Groot-Brakrivier wat aangerand is nadat hy op Saterdag, 25 Junie 'n 21ste verjaarsdagviering in Friemersheim bygewoon het die afgelope week 'n operasie by die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad ondergaan.
Die slagoffer, die 18-jarige Miqyle Treurnicht se kakebeen en arm is onder meer tydens die aanval gebreek. Sy selfoon is ook gesteel.
'n Lid van die gemeenskap het hom glo in 'n straat op Friemersheim te hulp gesnel waarna hy deur nooddienste na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem is. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van roof en aanranding.
Teen die ter perse gaan is nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Vorige artikel: Polisie soek na verdagte/s na aanranding
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'