MOSSELBAAI NUUS - Die jong man wat aangerand is nadat hy op Saterdag, 25 Junie 'n 21ste verjaarsdagviering in Friemersheim bygewoon het sal die week na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas word.
Die slagoffer, die 18-jarige Miqyle Treurnicht se kakebeen en arm is onder meer tydens die aanval gebreek. Sy selfoon is ook gesteel.
Hy moet na wat verneem word rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig kry.
‘n Lid van die gemeenskap het hom glo in 'n straat op Friemersheim te hulp gesnel waarna hy deur nooddienste na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem is. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van roof en aanranding.
Enige persoon met inligting rakende die roof van Treurnicht se Hisense-selfoon, kan met die polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha kontak maak (073 551 7358).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'