MOSSELBAAI NUUS - Die kruising, waar die jong Deavan October (20), verlede naweek in 'n motorongeluk gesterf het, het nog 'n ongeluk opgelewer.
Volgens die polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp, was twee voertuie met twee insittendes elk, net na 22:00 gisteraand, in 'n ongeluk op die hoek van Louis Fourieweg en Essenhoutstraat op Mosselbaai, betrokke.
Beseerdes is met behulp van reddingskake uit die voertuie bevry en is vanoggend uit die hospitaal ontslaan. Die Suid-Afrikaanse Polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur.
Die polisie vra dat mense met enige inligting oor die ongeluk, die ondersoekbeampte, sersant Amsterdam, van die Mosselbaai Speurtak, kontak op 079 893 9940.
Die beseerdes is vanoggend uit die hospitaal ontslaan. Nog 'n ongeluk is kort daarna by die kruising voor Langeberg Mall, aangemeld.
Verwante artikel: Rugbyspeler sterf in botsing
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'