MOSSELBAAI NUUS - Neil Sandilands en sy orkes het die afgelope Sondagaand by Reed Valley net buite Mosselbaai aan die R327 op pad na Herbertsdale opgetree.
Dié groep is tans besig met 'n landwye wintertoer.
Sandilands sing en speel kitaar en word begelei deur die baskitaarspeler Schalk Joubert en Albert Frost, ook op 'n kitaar.
Daar was slegs een vertoning. Sandilands skryf sy eie musiek oor sy eie Suid-Afrikaanse wedervarings en kan geklassifiseer word as alternatiewe Afrikaanse musiek.
Albert Frost, Neil Sandilands en Schalk Joubert gedurende hulle vertoning in Mosselbaai.
Neil Sandilands en Grey Stopforth.
Neil Sandilands en Ronelle Stopforth. Foto's: Grey Stopforth
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’