Dit is die mening van kapt RC Plaatjies van die SAPD Opleidingskantoor op George wat, in samewerking met sers Kappie Kapp van die SAPD KwaNonqaba, die afgelope week polisielede en vrywilligers van regoor die Suid-Kaap opgelei het in die hantering van gesinsgeweld.
"Alle fasette is aangespreek, van die relevante wetgewing tot die hantering van 'n slagoffer wat 'n voorval kom aanmeld.
"Daar is van rollespel en scenario-sketse gebruik gemaak om die boodskap op 'n praktiese wyse tuis te bring en die lede beter toe te rus om die toenemende probleem van gesinsgeweld na behore aan te spreek.
"Dit is egter nie net die SAPD wat gesinsgeweld moet hanteeer nie. Nie-regeringsorganisasies, die relevante staatsdepartemente en kerkgroepe het 'n ewe belangrike rol om te vervul. Geen slagoffer sal weggewys word nie, en alle sake sal opgevolg word," het kapt Plaatjies benadruk.
Hy het ook genoem dat sosio-ekonomiese omstandighede bydra tot die toename in gesinsgeweld en dat die term nie net na fisiese geweld verwys nie, maar ook na verbale misbruik, wat insigself uiters aftakelend is.
"Dis veral bemoedigend dat vrywillige beraders van die KwaNonqaba Polisiestasie die tyd neem om hierdie kursusse by te woon, sodat hulle die polisie se hand kan sterk veral wanneer met die slagoffers van gesinsgeweld gewerk word," het sers Kapp bygevoeg.

Polisielede van regoor die Suid-Kaap het die afgelope week op Mosselbaai saamgetrek vir 'n kursus oor die hantering van gesins-geweld. Foto: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'