MOSSELBAAI NUUS - Die Teen Miss/Mrs/Mr Eden SA-kompetisie wat deur Crawlers & Crowns se Karen Gray aangebied word, is einde Desember by die Garden Route Casino se Bravo Lounge gehou.
Die jaarlikse kompetisie het baie fassette en afdelings, soos die Eden SA Pageants, gemeeskapsprojekte asook foto- en modelkompetisies.
Gray is ook sedert verlede jaar 'n nasionale werwer vir Top Model SA.
Gray vertel deelnemers het weer eens van heinde en verre gekom om mee te ding vir dié gesogte titel. Daar was ook twee afdelings, "casual wear" en aanddrag, waar haar- en grimeerkunstenaars met hul talente kon woeker.
Daar was ongelooflike talent in die vorm van Deidré Adams met haar dansitem, die 2019 wenner Brighitte Deister wat die gehoor met haar pragtige sang meegevoer het en die seremoniemeester en sanger, Christiaan Schlebusch, wat gesorg het vir 'n vermaaklike aand.
Eden SA het ook soos gewoonlik gevra dat elke deelnemer 'n houer kat- of hondekos saambring ten bate van die liefdadigheidsorganisasies wat hulle ondersteun, soos Cats Garden Route, PDSA en Odin.
Die Teen/Miss/Mr Eden SA wenners.
Emmanuel Mirenzheni, Graham Lottering (wenner) en Rory Butler.
Van links is Lindokuhle Mvango, Deidré Adams (wenner) en Vinolia Snoek.
Minche van der Westhuizen, Mikayla Klerck (wenner) en Natasha Geel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'