Breaking News
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Nooddienste is vanoggend, Sondag 26 November, net na 10:00 na Riverside op Klein-Brakrivier ontbied nadat 'n man in die rivier in die moeilikheid beland het.
Volgens inligting het die man in 2de Laan, Riverside, in die Klein-Brakrivier ingestap, en wat Mossel Bay Advertiser verneem het, is dat hy gemoedskommelinge gehad het.
Familie het die nooddienste ontbied en die man is na veiligheid gebring.
NSRI stasie 15 Mosselbaai, Groot-Brakrivier polisie, By Grace ambulansdiens, die polisie se see-redding-eenheid asook traumaberaders was op die toneel. Buiten snywonde was die man egter ongedeerd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’