Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Bokkie, die 10-jarige brawe Jack Russell van Groot-Brakrivier is tuis nadat sy die afgelope week, op 8 Februarie deur 'n bielie van 'n pofadder in haar familie, die Van Greunens, se erf gepik is.
Das van Greunen het op dié betrokke dag op die dorp se praatsaam-groep geskryf: "Slangvanger, baie vinnig, pofadder, hondjie, gou-gou…"
Van Greunen se skoonseun, Richard Smith het die yslike pofadder gevang nadat Bokkie 'n groot geraas opgesit het en hy ondersoek ingestel het.
Richard het die pofadder versigtig in 'n plastieksak gesit en later aan die Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuurdienste oorhandig.
Die Van Greunens het egter dadelik besef dat Bokkie deur die pofadder gepik is. Sy is na die plaaslike dierehospitaal op die dorp gehaas waar 'n teengif toegedien is. 'n Verligte Das het op Woensdag, 10 Februarie vir Bokkie terug verwelkom nadat Bokkie in die dierehospitaal aangesterk het.
Bokkie was natuurlik, nes die res van die Van Greunens baie verlig om weer by haar huis te wees en sal hopelik nie weer probeer slange vang nie.
Dié pofadder het die Van Greunens ophol gehad.
Vorige artikel: Bielie van 'n slang buite huis verwyder
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'