GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Van Greunens op Groot-Brakrivier se Maandag het uitermatig blou begin nadat ‘n pofadder homself buite hulle woning tuisgemaak het.
Das van Greunen het om 10:27 op die dorp se praatsaam-groep geskryf: “Slangvanger, baie vinnig, pofadder, hondjie, gou-gou…”
Van Greunen se skoonseun het die yslike pofadder gevang en Bokkie, die gesin se Jack Russell het ongelukkig saam probeer slange vang. Bokkie is deur die pofadder gepik maar is tans in ‘n stabiele toestand by die dierehospitaal op die dorp.
Mosselbaai Brand, Redding en Rampbestuurdienste was spoedig op die toneel en het die slang van die perseel verwyder. B
okkie en die Van Greunens se skoonseun word as die helde van die dag beskou.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'