Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Of jy nou 'n beginner of 'n gesoute hengelaar is wat selfs kans sien vir kompetisiehengel, by Tackle Shack in die Bayside-sentrum (klein Checkers-sentrum)is daar beslis 'n produk wat jou belangstelling sal prikkel.
Met 'n besondere wye produkreeks, bied Tackle Shack beslis verskeidenheid teen baie kompeterende pryse.
Daar is ook nie net produkte vir rots-, strand-, rivier- en varswaterhengel nie, maar diegene wat boothengel verkies, sal beslis hier tuis voel.
Tackle Shack bied ook duiktoerusting vir beginners en besoek hulle gerus vir sekere klerasie wat net 'n aanwins tydens jou hengelekskursie kan wees.
Die heel beste nuus is dat vanaf 16 Augustus, alle voorraad teen 20% afslag aangebied word.
Tackle Shack bied reeds die afgelope 12 jaar aan Mosselbaaiers hulle dienste en produkte aan. "Ons moet seker iets regdoen," skerts die eienaar Anthony Pretorius. Tackle Shack streef daarna om op die hoogte van die jongste tendense in die hengelbedryf te bly sodat hulle kliënte van advies en die regte produkte kan voorsien.
Een van Tackle Shack se unieke verkoopspunte, aldus Anthony, is dat hulle net die varsste aas aan hulle kliënte bied. En sou hulle 'n produk waaroor kliënte navraag doen dalk nie aanhou nie, is Tackle Shack bereid om dit te help bekom.
"Kom besoek ons gerus terwyl ons voor seisoen uitverkoping aan die gang is. Ons gee graag raad aan alle hengelaars – beginners tot op professionele vlak," nooi Anthony.
Besoek Tackle Shack, winkel 21 in die klein Checkers-sentrum in Blandstraat, Mosselbaai of skakel hulle gerus (044 690 7726).
Vanaf 16 Augustus word alle voorraad by Tackle Shack teen 20% afslag aangebied. Besoek Anthony Pretorius vir goeie advies en 'n wye produkreeks.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'