Sponsored Content
TUINROETE NUUS - In Maart 2022, sal Rauch Gertenbach Prokureurs ‘n besonderse mylpaal vier wanneer dié firma die 100ste bestaansjaar sedert hul grondlegging gedenk.
In ‘n reeks artikels oor die kleurryke geskiedenis van die firma, kon lesers die afgelope paar weke ‘n kykie kry oor hoe die storie ontvou het sedert Maart 1922, toe die JJ Scholtz ‘n regspraktyk op Mosselbaai kom vestig het.
Kerkstraat 10
Volgens ‘n interessante video op Memorable Mossel Bay, ‘n YouTube-kanaal wat onder meer besoek aflê` by Mosselbaai se geskiedkundige geboue en landmerke, vertel Carina Wiggill meer oor die vroeër dae van Kerkstraat 10, Rauch Gertenbach se huidige adres.
Die video is vervaardig deur filmmaker Attie Gerber, in samewerking met Erfenis Mosselbaai.
Aangesien die gebou vanaf 1931-1988 die tuiste van die Mossel Bay Advertiser was, verwys mense steeds gereeld daarna as die “Advertiser-gebou”, hoewel dit oor die jare sedert dit in 1857 opgerig is, vele ander baadjies gedra het.
Kerkstraat 10, volgens inligting, is een van die oudste, geskiedkundige geboue in Mosselbaai, maar wat ook ‘n paar eerstes op sy kerfstok het.
Kerkstraat 10 is destyds as een van die grootste en gerieflikste geboue op Mosselbaai beskryf.
Destyds, toe die gebou deur E Meyer & Co opgerig is, was dit naby die dorp se bedrywige markplein geleë. Die plein, wat ook ‘n uitspanplek vir waens en osse ingesluit het, is vandag nog sigbaar, hoewel dit intussen ontwikkel is om ander geboue te huisves. Kerkstraat 10 is destyds as een van die grootste en gerieflikste geboue op Mosselbaai beskryf.
Toe dit in 1861 van eienaars verwissel, is dit nie net bedryf as ‘n algemene handelaar nie, maar was ‘n gedeelte ook bekend as die Victoria Hotel. Gedurende hierdie tydperk, het Hawes & Co die kitaar geslaan.
Fleming & Mudie het in 1873 die leisels oorgeneem en onder meer handel gedryf in leer, volstruisvel, wyn, wol en gehalte huishoudelike ware.
Fleming & Mudie het verskeie doelgemaakte veranderinge aan die gebou aangebring. Dit is gedurende hierdie periode wat die hyskraan, vandag steeds sigbaar teen die gebou, aangebring is. Die doel hiervan was om goedere na die gebou se eerste verdieping op te hys.
Die stoep van die gebou is ook tipies aan kommersiële geboue van daardie tydperk, aangesien goedere daar vanaf waens op- en afgelaai moes word. Onder bestuur van Fleming & Mudie, het Kerkstraat 10 ook die eerste gebou op Mosselbaai geword waar verskeie departemente oor ‘n afstand vanuit een gedeelte van die gebou na ‘n ander met mekaar kon kommunikeer.
Dit was danksy spreekbuise wat in die gebou aangebring is. En toe hierdie innovasie se tyd uitgedien was, word Kerkstraat 10 die eerste gebou waar ‘n telefoon geïnstalleer word.
Die plein, wat ook ‘n uitspanplek vir waens en osse ingesluit het, is vandag nog sigbaar, hoewel dit intussen ontwikkel is om ander geboue te huisves.
Hierdie telefoon was, vir doeltreffende bestuur van handel, met Mosselbaai se hawe en ook met mnr Mudie se huis verbind.
Fleming & Mudie het ook die teenwoordigheid van gees gehad om hulle eiendom en die kosbare inhoud daarvan teen ‘n brandgevaar te beskerm. Dus, gedurende hulle eienaarskap van Kerkstraat 10, word watertenks en –pompe geïnstalleer.
Teen 1886, breek daar weer eens ‘n nuwe era aan toe Kerkstraat 10 volgens oorlewering deur Bruns, Matare & Co oorgeneem word. Die naam Matare was ook onder meer prominent sigbaar op die prag klipgebou op die hoek van Gys Smalberger- en Fieldstraat, wat enkele jare gelede van sloping gered is. Dit het sedertdien ‘n foto-uitstalling van geskiedkundige foto’s van Mosselbaai bevat, was ook ‘n kunsgalery en is vandag ‘n residensiële eiendom.
Met die koms van die Eerste Wêreldoorlog, was daar onweer in die lug vir Matare, Bruns & Co. Vanweë die vyandigheid teenoor Duitsland as die aggressors in die wêreld se eerste groot oorlog, is Matare en Bruns geïnterneer en het as gevolg daarvan dat hulle Duitse immigrante was, al hulle eiendom verloor.
As dié mure kon praat
Ou geboue is sinoniem met stories. Uit die aard van die saak, vertel min mense stories beter as joernaliste. In die volgende artikel, word ‘n paar staaltjies gedeel oor Kerkstraat 10, by monde van voormalige redaksielede van die Mossel Bay Advertiser.
Bronne:
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'