Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Nagenoeg 14 ton (ongeveer R1.4 miljoen) se dierekos is verlede naweek deur Suiderkruis Security aan liefdadigheids-organisasies regoor die Tuinroete geskenk.
Die maatskappy het ieder en elke skenker bedank, wat dié ongelooflike aksie moontlik gemaak het. Dit sluit is die hoofborg, Purina Pro Plan, en talle ander wat onbaatsugtig bygedra het.
Dié massiewe skenking het deel uitgemaak van Suiderkruis se gholfdag by die Mosselbaai Gholfklub. Dis nie die eerste gholfdag óf kosskenking nie, maar dis beslís die grootste een tot op hede - en volgende jaar hoop hulle om weer so te maak.
Suiderkruis se hoofuitvoerende beampte, Gideon Maree, en sy dogter Lorish Olivier, die maatskappy se direkteur vir bemarking, sê as 'n familie was hulle nog altyd lief vir diere.
Maree sê ook hulle wil nie die eer hiervoor hê nie. Die regte helde is die personeel by die liefdadigheidsorganisasies wat dag in en dag uit vir duisende diere sorg - somtyds uit hulle eie sakke wanneer daar nie 'n ander uitweg is nie.
Dié organisasies kom van areas soos Sedgefield, George, Mosselbaai, Groot-Brakrivier, Riversdal, Oudtshoorn en meer.
Vir hom gaan dit ook oor sorg vir die toekoms. Jy is nie hier om te erf of dinge te verdien nie, maar om te sorg dat dié wat ná jou kom iets het. Vir hulle sluit dit die kwesbares in die samelewing in soos diere en ook kinders. Behalwe vir die dierekosskenking, het hulle ook R30 000 vir die kinderwelsyn ingesamel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’