Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Dis nog vroeg genoeg in die jaar om seker te maak dat die fokus op goeie voornemens is – en bly. Voornemens verskil van mens tot mens, maar dat 'n uitstekende koppie koffie nie te versmaai is nie, is 'n feit.
Shell Voorbaai, reeds 'n spilpunt vir iets te ete en te drinke vir diegene op 'n drafstap, is nou die nuwe tuiste van vida e caffè, die enigste in die Tuinroete. Die vida e caffè-handelsmerk is trots Suid-Afrikaans en gebore in Kaapstad.
"Ons is lankal op die uitkyk vir 'n premium koffie om by Shell Voorbaai te inkorporeer en ons soektogte, selfs in die buiteland, het ons op vida laat besluit as 'n uitnemende produk," verduidelik Shell Voorbaai se Johannes Bisschoff.
Vida bring die beste koffie vanuit verskeie wêrelddele saam in een geurige koppie.
Dalk nie 'n koffiedrinker nie? Vida e caffè se spyskaart bied 'n verskeidenheid opsies wat bykans elke smaak sal pas, selfs gesondheidsbewustes sal iets hier kry om terdeë te geniet.
Nog 'n rede om vanjaar beslis by Shell Voorbaai te stop, is om gebruik te maak van hulle V-Plus-kaart.
Deur te regisitreer vir hierdie lojaliteitsprogram, kan jy vanaf Februarie 2020, 15c terugverdien vir elk liter brandstof wat jy koop. Verdere goeie nuus is dat hierdie besparing dadelik beskikbaar is, dat dit nie verval nie en by enige Shell gebruik kan word. Registrasie is moeitevry.
Skakel *120*7368# of registreer aanlyn by www.v-plus.co.za. V-Plus se lojaliteitspunte verval een jaar na uitreiking.
Hoe gouer jy spaar, hoe gouer kan jy "vida"!
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'