Sponsored Content
BUSINESS NEWS - Mossel Bay Roofing is trots om weer genomineer te wees in die Best of Mossel Bay Readers’ Choice Awards, en ons wil graag elke kliënt, verskaffer en ondersteuner bedank wat tot op hede hierdie reis saam met ons stap.
Vir meer as 25 jaar vervaardig ons nie net dakkappe nie, maar bou ons ook verhoudings op vertroue, kwaliteit en eerlike diens.
Elke projek, groot of klein, ontvang dieselfde toewyding en aandag, want by Mossel Bay Roofing is elke kliënt belangrik.
Ons span bestaan uit ervare vakmanne en toegewyde personeel wat elke dag daarna streef om uitnemendheid te lewer in die ontwerp, vervaardiging en verskaf van dakkappe en dakmateriaal.
Ons groei in sukses oor die jare is slegs moontlik danksy die lojaliteit van ons gemeenskap en kliënte.
Hierdie benoeming behoort ook aan jou – ons kliënt – wat ons vertrou het om deel van jou bou- en dakkonstruksieprojekte te wees.
Ons sal dit opreg waardeer indien julle ons waardig vind om weer julle stem te verdien.
Indien jy glo in gehalte, ervaring en diens waarop jy kan staatmaak, ondersteun Mossel Bay Roofing in vanjaar se toekennings.
Dankie vir elke oproep, elke projek en elke geleentheid om julle te kan dien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’