Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die 2023 MossJazz-fees het Donderdag, 23 November afgeskop by Santosstrand op Mosselbaai. Reeds teen vroegoggend was die Santos karavaanpark volgepak met besoekers aan hierdie unieke fees.
Eerste op die verhoog gistermiddag was die George Hoërskool se orkes gevolg deur Breez 'n Band en Vicky Sampson. Garth Taylor en Uncle Cal het die aand afgesluit.
Klik hier vir gallery: Dag een van die Mosselbaai MossJazz-fees
Klik hier vir gallery: Toeskouers by die eerste dag van die 2023 MossJazz-fees
Om 'n feeskaartjie te bekom sal jy dit by catchthewave.co.za webwerf moet aankoop. Jy kan kies om 'n naweek- of dagkaartjie te koop. Groter produksiewaardes bring 'n groter klank- en visuele ervaring van die musiek by dié jaar se fees.
Kaartjies is beskikbaar by: https://catchthewave.co.za/tc-events/mosjazz-2023/