SUIDKAAP NUUS - Jannie Malherbe van Eden, George, het op Maandag 4 September 'n sonderlinge prestasie behaal toe hy 'n wêreldkampioen in kanovaart geword het.
Die wêreldkampioenskappe vir die platwater-marathon is by Pietermaritzburg beslis en dit is ook die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Jannie (77) het in die ouderdomsgroep 75-80 jaar gewen.
Hy het hy van die fiksste oumanne in die wêreld oor 19 km uitgestof. Sy prestasie plaas hom tweede in die ouderdomsgroep 70-75.
Jannie het deelgeneem in 'n liggewig snelroei-kano wat op Knysna gebou en deur Plascon George geborg is.
In Julie vanjaar het Jannie vir die 44ste keer aan die Bergrivier-kanomarathon deelgeneem.
Jannie sê met die lae watervlak was dit vanjaar eintlik 'n hindernisvaart, met al die klipbanke, sandwalle, bosgasies en laaghangende boomtakke wat die roeiers geteister het.
In kanokringe staan hierdie taai roeier bekend as die "legende van die Bergrivier," want in die beginjare het hy die Bergrivier-vaart drie keer na mekaar gewen.
Jannie Malherbe en sy vrou, Thea, by die wêreldkampioen-skappe vir die platwater-marathon, by Pietermaritzburg.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'