Atesaam 32 spanne het aan vanjaar se toernooi deelgeneem. Verskeie spelers wat Suid-Afrika onlangs in die buiteland in wêreldtoernooie verteenwoordig het, was in aksie. Die span van Ronnie van’t Hof, met spanmaats Helgard Muller, Andy Muir en Martin Engelsman, het in die mans A-afdeling koning gekraai na ‘n titaniese stryd teen die span van Neil Swart, Daan Spengler, Wimpie Helmand en Jacques de Beer.
In die A-afdeling vir vroue het die Oudtshoorn-span van Elmarie Lategan (k), Christine van Coller, Rida Bester en Clarissa van Schalkwyk as kampioene uit die stryd getree met ‘n sege oor die span van Jill Power van George.
In die mans B-afdeling, wat in twee groepe gespeel is, het die spanne van Ronnie Strydom (Groep A) en Pieter Schoeman (Groep B) met die louere weggestap. Die vrouespan van Ironel Lötter met spanmaats Edie Lottering, Inis Pienaar, Thea Malherbe en Yvonne Dippenaar (reserwe) het die vroue B-afdeling gewen na hul sege oor die span van June Smith, Dot Roberts, Alta Scott en Marietjie Rademan van Mosselbaai.
Die wenners van die mans A-afdeling saam met die voorsitter van die SWD Senior Tennisvereniging, Johan Koch (links) is Helgard Muller, Martin Engelsman en Andy Muir. Afwesig: Ronnie van’t Hof (k).
Die wenners van die vroue A-afdeling is van links Rida Bester, Elmarie Lategan (k), Christine van Coller en Clarissa van Schalkwyk, almal van die Wesbank Tennisklub op Oudtshoorn.