MOSSELBAAI NUUS - Kabamba Floors, bekende rugbyspeler vir die Cheetahs, wat ook al die Springboktrui oor sy kop getrek het en Suid-Afrika in sewesrugby verteenwoordig het, is 'n toonbeeld van wat deur middel van sportontwikkeling kan plaasvind.
Só het die uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal na Floors, die hoofspreker tydens verlede Donderdag se amptelike opening van die jaarlikse Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees gesê.
Floors is onder raadsheer Levendal se hande deur as jong speler van Oudsthoorn.
As deel van die SWD Arende, het Floors verder sy tande geslyp.
Tydens sy toespraak, het Floors hulde gebring aan raadsheer Levendal en ander mentors.
Hy het gepraat oor transformasie en 'n paar insiggewende gedagtes gedeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'