MOSSELBAAI RUGBY NUUS - Mosselbaai-rugbyklub het Saterdag, 10 Augustus weer eens aan die wenkant geëindig toe hulle tuis met twee spanne teen Black Birds van Vanwyksdorp te staan gekom het.
Die Mosselbaai-manne van beide die A- en B-spanne het gesorg vir heerlike opwindende hardlooprugby en beide met wegholoorwinnigs geseëvier.
Die B-span het hulle wedstryd met 43-0 gewen.
Ashwin Losper het puik spel gelewer en is as die B-span se speler van die wedstryd aangewys.
Die kaptein van die A-span, Chad Brinkholtz het sy span goed gelei na 'n oorwinning van 47-7. Hy druk self twee drieë en word as speler van die wedstryd aangewys. Met nog drie groepwedstyde om te speel lê die A-span steeds tweede op die punteleer en speel nou om 'n plek in die kwarteindrondte te verseker. Albertinia is die huidige voorlopers op die punteleer maar het een wedstryd meer as Mosselbaai agter die rug.
Mosselbaai se volgende tuiswedstryd is op 24 Augustus teen Zoar.
Jon David Duthie (met bal) word goed ondersteun deur Xander Meyer en Wayne Cameron.
Jacques Du Plessis word grond toe gebring deur 'n speler van Black Birds.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'