RUGBY NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag 19 Augustus hul kanse om onder die topvier spanne te eindig, lewendig gehou met 'n hard verdiende sege van 32 - 25 oor Progress.
Heibi was teen rustyd met 22 - 7 voor.
Die wenspan het duidelik besef 'n oorwinning sal hom na die tweede plek op die puntelys opskuif. Van die afskop af het Heibi voor- en hulle agterlangs hard onder die tuisspan ingeklim om die oorhand in die eerste helfte te verseker.
Progress het egter in die tweede helfte beter vertoon en weereens goeie rugby opgedis wat hul lojale ondersteuners sommer baie hoop gegee het vir die oorblywende wedstryde van die seisoen.
Die wedstryd is gekenmerk deur goeie aanvallende spel, maar ook deur rotsvaste verdediging deur beide spanne.
Puntemakers vir Heibi was Jason Liebenberg (senter), met twee drieë, André Masxin (flank), en Lorenzo Gordon (regtervleuel), met een drie elk. Eslin Naudt (los-skakel), was suksesvol met twee straf- en drie doelskoppe.
Progress se het ook die onderspit gedelf en met 10 - 0 verloor nadat hulle rustyd met 5 - 0 agter was. Vir Heibi het Maurice September (flank), en Laughton Peterzen (haker), elkeen 'n drie gedruk. Heibi se tweede span het met 19 - 7 koning gekraai.
Heibi se volgende wedstryd is Saterdag 2 September weg teen Babarians van Mosselbaai en hier kan 'n titaniese stryd verwag word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’