Ongelukkig kon die tuisspan nie die segetog van die besoekers stuit nie, en moes met ‘n nederlaag van 24-16 tevrede wees. Maar “tevrede” was ‘n woord wat maar skaars in afrigter MJ Mentz se woordeskat is.
Dit was die Pumas se tweede agtereenvolgende nederlaag, dit nadat hulle hul eerste drie wedstryde oortuigend gewen het. Die Leeus is nog onoorwonne in die reeks.
Met pertinente gebiedsvoordeel was die tuisspan tot en met die 20ste minuut met 13-7 voor danksy ‘n welverdiende drie deur die regtervleuel Jerome Pretorius, asook twee strafdoele en ‘n doelskop deur JC Roos. Maar die Leeus se teenaanval het hulle die voortou besorg te danke aan ‘n strafdoel en sewe punte kort voor rustyd. ‘n Fout deur die besoekers reg voor die pale en ‘n suksesvolle strafkop het die punteverskil na slegs een verminder, steeds in die guns van die besoekers.