Gallery
MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Mossel Bay Barbarians Rugbyklub het hulle 2022 jaareindfunksie op Saterdag, 22 Oktober in Diaz Primêre Skool se saal gehou.
Verskeie spelers is met sertifikate van verdienstelikheid, toegewydheid en vordering beloon.
FOTOGALERY: Mossel Bay Barbarians Rugbyklub
Die funksie is toegespreek deur Vader Hennie Petersen en Vader Lyndon du Plessis van Nativity en All Saints Kerke onderskeidelik.
Na die funksie by Diaz Primêre Skool afgehandel is, is die spelers onthaal by 'n geselligheid by die klubhuis van die D'Almeida sportgronde.
Barbarians se derde span is die 2022 wenners van hul kategorie in die kompetisie van die SWD Rugbyunie.
Reagan Pienaar, die klub se tesourier tydens die onthaal by die klubhuis. Foto: Dexter Brinkhuis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'