SPORTNUUS - Die Mosselbaai Nedbank hardloopklub se worpe-byeenkoms het op Saterdag, 30 September, plaasgevind by die Van Riebeeckstadion as deel van die Mosselbaai Sport & Rekreasiefees.
Buiten die weer, wat plaaslik nie baie gunstig was nie, het atlete van reg oor die land virtueel deelgeneem in die week voor die byeenkoms.
"Dit gee ons plaaslike atlete die geleentheid om hulle te meet teen top-atlete van reg oor die land," sê Jannie Nel, organiseerder van die plaaslike byeenkoms.
Meer as 250 atlete het aan dié unieke byeenkoms deelgeneem.
Dit was Atletiek Suid-Westelike Distrikte (ASWD) se eerste ligabyeenkoms van die nuwe seisoen en alle uitslae sal in aanmerking geneem word wanneer provinsiale spanne saamgestel word.
"Die byeenkoms het goed gegroei oor die afgelope drie jaar en ons hoop om in die toekoms meer van ons plaaalike skole betrokke te kry," sê Nel. "Baie geluk aan Athlon Atletiekklub wat weer die spankompetisie gewen het."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’