KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die Vintage vs. Windgatte-rolbaldag is seker die geleentheid wat die meeste belangstelling by die Vista-rolbalklub uitlok.
Hierdie jaar was beslis geen uitsondering nie.
Jaarliks ding die Vintage-span (ouer lede) teen die Windgatte (jonger lede) mee om te bepaal wie vir die volgende jaar die bragging rights het. Verlede week was dit weer so.
Nadat albei spanne hulle oorlogskrete met oorgawe en goed ingeoefende gebare, nes die All Blacks se Haka, uitgevoer het, het die spel begin.
Ná die eerste ronde was die Windgatte los voor. Die Vintage-span het goed tydens die tweede ronde teruggeveg, én tydens die laaste ronde die Windgatte behoorlik laat sweet!
Uiteindelik het die Windgatte egter, soos verlede jaar, gewen. Met die telling op 12½ - 9½ is dit wel duidelik dat dit nie maklik was nie.
Die Vintage-lede is vol vertroue dat die bordjies volgende jaar verhang gaan word, maar natuurlik gaan die Windgatte dit nie sommer net toelaat nie.
Die gesogte Vintage vs. Windgatte-trofee waarom elke jaar met oorgawe meegeding word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’