MOSSELBAAI ROLBAL NUUS - Hartenbos-rolbalklub het op 3 Julie 'n tripskompetisie gehou.
Die kompetisie is deur Pick 'n Pay Hartenbos geborg en die wenners van die mansafdelings is Willie Tredoux, Chris Hockney en Gert Kruger.
Tish Hockney, Laura Wagner en Brenda Burger het die vroue-afdeling gewen.
Groot dank gaan aan almal wat deelgeneem het asook aan Gert Kruger van Pick 'n Pay Hartenbos vir die borgskap.
Gert Kruger van Pick 'n Pay (tweede van links) oorhandig die wenners van die mans-afdeling se pryse aan hulle. Die wenspan is Gert Kruger, Willie Tredoux en Chris Hockney.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'