MOSSELBAAI NUUS - Veerpyltjie-entoesiaste het 'n nuwe tuiste gevind op Mosselbaai en hier dreun die manne mekaar op.
Kompetisies vind weekliks op Donderdae plaas en die wenners van die afgelope paar weke is soos volg:
Sebrian Vallentyn (22 April), Clinton Vallentyn (29 April), Adreaan Wagener (13 Mei) en Terrance Taylor (20 Mei).
Die kompetisie word om 20:00 by die Voda Lounge in Marshstraat gehou.
Vir meer inligting, skakel Henry Andrews (061 173 3475).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'