Twintig spanne vanuit omliggende klubs tot sover as Sedgefield het op hierdie heerlike sonskyn wintersdag aan die borgdag deelgeneem.
'n Vooraftrekking is gedoen en elke span het drie wedstryde speel. Die kompetisie was straf en op die ou end kon slegs drie spanne al drie hulle wedstryde wen.
Die wenners, van Mosselbaai, was Wollie Fourie, Gloria Robinson en Debbie Trail. In die tweede plek was 'n jong span van Outeniqua (George), bestaande uit John Young, Marius Delport en Susan Meyer. Derde was nog 'n Mosselbaai span, naamlik Andries Olivier, Pottie Potgieter en Martie Olivier. In die vierde plek was die span van Sedgefield, bestaande uit Rick Horning, Ronnie Maingard en Rosalie Etsebeth.
Soos altyd is die spelers nie net op die baan met uitstekende perke bederf nie, maar het die vroue in die kombuis ook hulle deel bygedra met etes uit die boonste rakke.
Mosselbaai Rolbalklub bedank Marnus van Trio Finansiële Adviseurs vir sy ondersteuning en ook 'n reuse dankie dat hy ook reeds sy borgskap vir volgende jaar bevestig het - daar word beslis al uitgesien na volgende jaar se kompetisie.
Dan ook 'n groot dank aan die span in die kombuis vir die heerlike etes en die werk in die klubhuis. Dankie ook aan die manne in die kroeg wat hard gewerk het, die wedstrydsekretarisse vir hulle werk en laastens, baie dankie aan die manne wat die bane so goed versorg.
.jpg)
Links: Marnus Ferreira (borg - Trio Finansiële Adviseurs) saam met die wenners van die Trio Trip rolbalkompetisie, Debbie Trail, Gloria Robinson en Wollie Fourie van Mosselbaai.