SUID-KAAP NUUS - Op Sondag 21 Januarie gaan die top-provinsiale rolbalspelers van Eden en die Oostelike Provinsie op die Knysna-rolbalklub toesak wanneer hulle mekaar in die jaarlikse toernooi tussen die twee provinsies gaan pak.
Die Eden-rolbalspelers maak lank reeds gereed vir hierdie kragmeting wat hulle die eerste geleentheid van die nuwe jaar gaan bied om hulself in provinsiale geselskap te meet.
Aan beide kante gaan spelers die geleentheid benut om die keurders aan die begin van die jaar te wys wat in hulle steek.
Die spanne wat saamgestel is, is net vir die toernooi gekies en nie die finale Eden-spanne nie. Eden het hul spanne uit 'n goeie mengsel van ervaring en jeug saamgestel en veral die jonger spelers sal na verwagting hul beste voetjie voorsit om hul merk in groter geselskap te maak.
Twee spanne is in al die afdelings gekies.
Die Eden-spanne is:
Mans-ope:
- B Radloff (George), M Delport (Knysna), J Fernhout (Oudtshoorn), M Geldenhuys (Oudtshoorn).
- P Stadler (George), H Barnard (George), R Venter (Oudtshoorn), P Vitali (Knysna).
Mans senior:
- P Robbertse (Stilbaai), J Combrink (George), H Bruwer (Groot-Brak), D Breedt (George).
- A Nortje (Outeniqua), V Basson (George), D Spence-Ross (Plettenbergbaai), J Taljaard (Beaufort-Wes).
- Mans B-spanne:
- J Roestorff (Stilbaai), T Wilson (Outeniqua), T Tredoux (Outeniqua), M Pienaar (George).
- M McCarthy (George), F Steyn (Knysna), Z Salemane (Mosselbaai), H van Greunen (Oudtshoorn).
Dames-ope:
- E Davis (George), J Meyer (Mosselbaai), J Bronkhorst (George), T van Niekerk (George).
- M Nortje (Outeniqua), S Meyer (Outeniqua), P Barnard (Outeniqua), P Breedt (George).
Dames senior:
- J Sinclair (George), T Hockney (Mosselbaai), H Wagener (Oudtshoorn), J Swart (Outeniqua).
- A Bosse (Knysna), M van der Walt (Stilbaai), M Robbertse (Stilbaai), J Raymond (Stilbaai).
Dames B-spanne:
- E de Wet (Mosselbaai), D Fick (Outeniqua), A Fick (Outeniqua), G Young (Outeniqua).
- J Botha (Knysna), D O'Connell (Knysna), M Rabie (Outeniqua), S Calvery (Mosselbaai).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'