SKUTS NUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se 31ste algemene jaarvergadering en bestuursverkiesing het op Saterdag 5 November by Laerskool Hartenbos plaasgevind.
Tydens die vergadering is die bestuur vir 2023 verkies en Louis Welman is as president en Wynand Fourie is as voorsitter herkies.
Die vertroue in die bestuur is bevestig deur die herverkiesing van al die bestuurslede van 2022, met die uitsondering van Riaan van der Westhuizen wat as nuwe streekbestuurder vir die Mosselbaai-streek verkies is.
Verskeie toekennings is ook tydens die geleentheid gemaak.
Suid-Kaap Jagters (SJB) het tydens hul onlangs algemene jaarvergadering hulle bestuur vir 2023 gekies. Die bestuurspan is van links, voor: George Butler, Louis Welman, Wynand Fourie, Riaan van der Westhuizen en Reenen Potgieter. Agter: Fermi Meyer, Christo Engelbrecht, Len Nel, Flip Coetzee, Stephan Lamprecht en Ferdi Boll. Afwesig: Niaan Fourie, Frans Viviers, Mias Fourie en Joseph Steyn.
Die wenners is:
- Johan Delport (beste senior skut : skietdae),
- Erik Zeelie (beste junior skut : skietdae),
- Francois Bezuidenhout (beste student: Chasa-kursus) en George Butler (beste trofeemeting).
Vir meer inligting oor skietdae en kursusse kan die SJB-kantoor gekontak word by 044 695 2319, besoek die webtuiste www.suidkaapjagters.co.za of stuur e-posse na info@suidkaapjagters.co.za.
Die Wildman ghonguitdaging is die volgende belangrike datum op die SJB-kalender – dié gewilde spanskiet vind op 19 November op Aangenaam naby De Rust plaas.
Erik Zeelie (middel) is tydens die Suid-Kaap Jagters (SJB) se algemene jaarvergadering en prysuitdeling as beste junior skut aangewys. By hom is bestuurslede Louis Welman en Wynand Fourie.
Francois Bezuidenhout is aangewys as SJB se beste Chasa-student.
George Butler is SJB se wenner van die beste trofeemeting van springbokhorings.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'