Update
MOSSELBAAI NUUS - Hoewel dit maar nog net die tweede naweek van die 2022 wedvlugseisoen van die Mosselbaai-posduifklub is, lyk dit asof Fanie Mollentze vanjaar 'n groot faktor in dié klub gaan wees.
Hy neem onder andere die eerste, tweede en vyfde plekke in die afgelope naweek se ope wedvlug vanaf Drie Susters (270km) in asook 'n goeie tweede plek in die jaaroud-afdeling.
Die derde en vierde plekke in die ope wedvlug word deur onderskeidelik Le Grange Hokke en Gillroy ingeneem gevolg deur Anouk, Jan Marais, Gillroy, R&R Lofts en CBS in die sesde toe 10de plekke.
Die jaaroud wedvlug word deur Daan Stander gewen met Gert Wessels, R&R Lofts, Capes Loft, Daan Stander, Gillroy, Chapmar, Corrie Naude en Van Eden Lofts in onderskeidelik die derde tot 10de plekke.
Juniors
Tashinga Kadye spog met die eerste plekke in beide die jaaroud en ope wedvlugte van die juior-afdeling. Marinus van der Mescht klok die tweede duif in die jaaroud met JW Schutte derde, Zante Strydom vierde en Jula Meyer vyfde.
In die ope vir die juniors spog Tashinga nie net met die eerste plek nie maar klok ook die tweede duif. Marinus klok derde en vierde en Carel Grové vyfde.
Die Eden Posduiffederasie se duiwe word die naweek op Victoria-Wes losgelaat.
Vorige artikel: Wedvlugseisoen skop in mooi weer af
'Ons bring die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'