Gallery
MOSSELBAAI NUUS - St Blaize RK Primêr het Saterdag, 26 Mei 'n baie suksesvolle sportdag aangebied.
Hierdie jaarlikse geleentheid was deur die meeste van die plaaslike skole en Voorwaarts Primêr van Riversdal ondersteun.
Die verrigtinge is deur die plaaslike parogie priester, Vader Johan Strydom geopen en die prinsipaal, André Muller het al die besoekers verwelkom. Na al die amptelike verrigtinge afgehandel is, het die 7-, 8- en 9-jarige rugby-en netbalspelers mekaar gepak.
'n Baie gemoedelike gees het geheers met 'n verskeidenheid stalletjies en die braaivleisvure wat gebrand het. Die borg moes ongelukkig onttrek as gevolg van die nuutste wetgewing. Dit was 'n koeldrankmaatskappy en hulle mag nie meer adverteer nie oor die suikerinhoud van die koeldrank.
Sport was op die ou end die wenner en die skole en ouers het aangedui dat hulle volgende jaar beslis weer die sportdag sal ondersteun.
Die organiseerder, Vernon Seconds, wil hiermee dan ook almal bedank vir hulle onderskeie bydraes wat hulle gelewer het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'