MOSSELBAAI NUUS - Die Neill Calitz-skietklub se klubkampioenskappe vind môre, Saterdag 1 Desember vanaf 09:00 op die Pienaar-skietbaan plaas en sal tot ongeveer 13:00 duur.
Alle lede is welkom om deel te neem. Die klub se jaareindfunksie en prysuitdeling sal daarna vanaf 17:00 by die Mosselbaai Seiljag- en Bootklub plaasvind.
Alle skiet aktiwiteite van die klub vir 2018 loop dan ten einde en sal weer in middel Januarie 2019 hervat word.
Vir enige navrae oor die klub kan Neill Calitz geskakel word (072 842 4850 of 044 690 3750).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'