MOSSELBAAI NUUS - Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, het 'n ruim borgskap van R68 000 van Nedbank ontvang vir die Burgemeester 7’s-toernooi vir toernooie vir landelike rugby, netbal en sokkerspanne.
Dis 'n inisiatief van die burgemeester en sal vanjaar vir die eerste keer deel uitmaak van die sportfees. Die rugby- en netbal-toernooi vind van 6-7 Oktober plaas op Groot-Brakrivier-sportgrond en die sokker van 6-14 Oktober op Uitbreiding 13 se sportvelde.
By burgemeester Levendal is Herman Meyer, besigheidsbestuurder by Nedbank en Edwin Mosesi, ook van Nedbank.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'