MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos-rolbalklub het op Saterdag, 1 September 'n heerlike Warwick-lenterolbaldag gehou.
Al die spelers het vrolike lentekleure en klere gedra, die weer was heerlik, die baan in uitstekende toestand en daar was fantastiese pryse vir almal. Die dag het prettig begin met 'n "spinnekop-opening".
Die formaat van die dag was 'n individuele spelerkompetisie, waar elke speler gedurende die dag in vier verskillende spanne speel, maar sy eie punte deurdra na die volgende ronde.
Die einde van die dag is gevier met 'n heerlike braai en gesellige kuier.
Pryse is toegeken aan die eerste vyf plekke van die skips, leads en seconds.
President Pieter Greeff (links) saam met die leads, Muller Klopper, Laura Wagner, Ewald van der Walt, Amore Pienaar en Jeanette van Zyl. Regs is Natalie Melrose van Warwick.
Die seconds is Elza Engelbracht, Pieter Laubscher, Frans Styger, Hannelie Meyer en Lieb du Raan. Links is president Pieter Greeff en regs is Natalie Melrose van Warwick.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'