TUINROETE NUUS - Op 9 Februarie het die Hartloop Interskole Atletiek in Oudtshoorn plaasgevind.
Skole wat deelgeneem het was Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium.
Punt-rekordbrekers
(Atleet, item, vorige rekord, nuwe rekord)
- Mia Herselman, meisies o/14 verspring, 5.18m, 5.38m.
- Mia Herselman, meisies o/14 100m, 13.4 sek, 12.7 sek.
- Chrizanne Swart, meisies o/14 diskusgooi, 29.22m, 30.73m.
- Mieke Coetzee, meisies o/15 hamergooi, 35.56m, 44.32m.
- Anika Beukes, meisies o/19 200m, 26.2 sek, 25.5 sek.
- Jandri Snyders, meisies o/19 800m, 2 min 23.00 sek, 2 min 20.60 sek.
Punt se meisies het in alle ouderdomsgroepe behalwe een die top prestasie ontvang.
Walter van Rensburg, o/14-seunsatleet van die dag.
Anika Beukes, o/19-meisiesatleet van die dag.
Mieke Coetzee, o/15-meisiesatleet van die dag en algehele meisiesatleet van die dag.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'