MOSSELBAAI NUUS - Plaaslike liggaamsbouer Danie du Plessis het sy staal gewys toe hy nie net eerste plekke behaal het by die Garden Route Casino Bodybuilding Classic nie, maar ook verdere derde plekke by die Battle of the Titans-kompetisie in Kaapstad.
Die Classic is 'n streekskompetisie, maar die Titans, provinsiaal. Om aan liggaamsboukompetisies deel te neem, plaas geweldige druk op die liggaam en daar is net 'n beperkte aantal kompetisies wat per jaar aangepak kan word.
Die Garden Route Casino Classic is op 9 Junie gehou. Danie het eerste plekke in beide die meestersafdeling, asook die senior mans o/80kg-afdeling behaal. Hierna het hy verlede naweek in Durbanville in die Kaap aan die Physical Culture Association Westelike Provinsie se Battle of the Titans VI-kompetisie deelgeneem. Dit was slegs twee weke na die Garden Route Classic, op Saterdag, 23 Junie.
By die Titans, het Danie 'n derde plek in beide die meestersafdeling en die senior mans o/80kg-afdeling gewen. Nederige Danie van Hartenbos, sê: "Ek was so verbaas oor my uitslae, baie bly," sê Danie nederig.
Hy reken hy gaan nou 'n bietjie rus en dan voorberei vir die WP, asook die SA kampioenskappe wat eers volgende jaar plaasvind.
Danie du Plessis by die Garden Route Casino Bodybuilding Classic.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'