HARTENBOS NUUS - Hartenbos-rolbalklub het op 20 en 21 Mei hulle jaarlikse Classic-rolbaltoernooi gehou. Met 22 spanne van verskeie klubs wat deelgeneem het was die bane 'n miernes van bedrywighede en strawwe kompetisie.
Die wedstrydformaat het baie uitdaging geverg en op die tweede dag is die spanne volgens punte, in onderskeidelik die beker- en plaakompetisies ingedeel waar sterk teen sterk dit moes uitspook.
Die span van Outeniqua bestaande uit John Dampier, Judy Swart, Greg Young en Trix van Niekerk was die wenners van die bekerkompetisie met Johann Prins, Niel Strydom, Margie Potgieter en Martin Young van Groot Brak, die wenners van die plaatkompetisie.
"Baie geluk aan hierdie twee spanne. Groot dank gaan aan Personel Trust vir die borgskap van die kompetisie. Sonder borge sal die klubs nie hierdie kompetiese kan hou nie. Dankie ook aan almal wat gehelp het om van die twee dae 'n suskses te maak, ons besef dit was harde werk vir julle. Mariaan Kriel en haar kombuisspan, Koot Lategan wat die bane in 'n baie goeie toestand gekry het, Ferdie Nel en sy span wat die wedstryde en lotings gereël het en elkeen wat hand bygesit het."
Die span van Outeniqua wat die bekerkompetisie gewen het is van links, John Dampier, Judy Swart, Greg Young en Trix van Niekerk saam prof Stadler van Personal Trust.
Die span van Groot Brak wat die plaatkompetisie gewen het is van links, Johan Prins, Niel Strydom, Margie Potgieter en Martin Young met prof Stadler van Personal Trust.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'