MOSSELBAAI NUUS - Jukskei in die Suid-Kaap het onlangs momentum opgetel tydens 'n suksesvolle byeenkoms op Hartenbos. Hartenbos het die byeenkoms gewen met 53½ punte.
Die span is versterk met die aankoms van Elna van den Berg vanaf Gauteng-Noord. Sy was vir bykans drie dekades 'n springbok jukskeispeler.
Elna het onlangs saam met haar gesin na Hartenbos verhuis en gaan haar liefde vir die spel hier voortsit.
Jukskeispelers in alle erns op die baan op Hartenbos. Foto's: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'