TUINROETE NUUS - Die 560 kg-toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale vertrek Sondag 1 September as die SA Proteaspan na Ierland waar hulle aan die wêreldkampioenskappe sal deelneem.
Nadat die span vroeër vanjaar 'n goue medalje in die 560 kg-afdeling gewen het by die SA toutrekkampioenskappe, is hulle as die Proteaspan in hul gewigsafdeling aangewys.
Hier is die lede van die 560 kg-toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale.
Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'