MUURBAL NUUS - Vyf Oakdalers het die afgelope vakansie aan verskeie SA plattelandse interprovinsiale muurbaltoernooie deelgeneem.
Tian Heyns en Neil Visser (o.19A), Daniël du Preez (o.16A) asook Danté Lategan en Sebastiaan Visser (o.14A) het Eden vanaf 24 tot 28 Junie verteenwoordig.
Uitslae
- o.19: Tian Heyns en Neil Visser speel elk agt wedstryde, hul span wen 27 potte en eindig algeheel negende.
- o.16: Daniël du Preez wen sy ses wedstryde in Pretoria.
- o.14: Danté Lategan speel agt wedstryde en wen twee daarvan. Sebastiaan Visser wen sewe van sy agt wedstryde in Potchefstroom.
Tian Heyns, Daniël du Preez en Neil Visser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'