MOSSELBAAI ROLBALNUUS - Plaaslike sportmanne en -vroue het Mosselbaai se naam hoog gehou tydens die onlangse SAPD-rolbalkampioenskappe in Gauteng.
Helena Haasbroek van die Da Gamaskop-polisie het 'n bronsmedalje verower in die vierspel vir vroue. Kaptein Wollie Fourie, ook van Da Gamaskop, het 'n bronsmedalje ingepalm in die mansenkelspel.
Die Wes-Kaapspan het algeheel eerste gekom in die vroue- asook die mansafdeling en hiermee die trofee ingepalm. Vyf Wes-Kaapse spelers het ook die nasionale span gehaal.
Dit sluit in kapt Fourie, sers Zakes Salemane van die Mosselbaai-polisiestasie, twee spelers van Kaapstad en een van Boland.
Lede van die plaaslike polisie het presteer tydens die SAPD se nasionale rolbalkampioenskap. Voor, hou een van die uitblinkers, Helena Haasbroek (derde van links) die trofee was wat deur die Wes-Kaapspan gewen is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'