MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Sunette Muller is in Desember tydens die Legends Sports Awards in Kaapstad vir haar bydrae tot sport vereer.
Dié spoggeleentheid is deur die department sport en kultuur aangebied.
Muller, met haar ongeveer 40 jaar lange bydrae tot netbal as speler, senior-afrigter, nasionale keurder en skeidsregter, federasievoorsitter, tesourier van die Eden Sportraad en nog vele meer, is voorwaar 'n legende wat baie vir Mosselbaai, die Eden-distrik en die provinsie vermag het.
Muller is 'n besonderse mens wat altyd daarna streef om gelykheid en billikheid in alle aspekte van sport te bevorder. Haar passie en toegewydheid vanaf 1981 tot op hede teenoor netbal en sport in die algeneem, is onteenseglik.
Sy is tans die voorsitter van Western Cape Womens and Girls Commission, asook die dissiplinêre komiteevoorsitter van Wes-Kaapse Netbalfederasie.
Muller het in November tydens die Eden-sporttoekennings die Lifetime Achiever of the Year-toekenning ontvang en het ook tydens Netbal SA se Spar nasionale kampioenskap as keurder opgetree.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'