MOSSELBAAI SPORTNUUS - Mosselbaaier, Nadia Jacobus-Julies, is 'n klubskeidsregter en is boonop onlangs as 'n Suid-Afrikaanse netbalskeidsregter verkies.
Nadia gaan dus by die nasionale netbalkampioenskappe, vanaf 2 -7 Oktober in Pretoria haar fluitjie blaas.
Die geleentheid bring vir Nadia die moontlikheid om tydens die 2023-netbalwêreldbeker in Kaapstad deel te neem. Nadia is nie net bekend as skeidsregter op die netbalbaan nie, maar in die gemeenskap ken mense haar ook vanweë haar passie om minderbevoorregte gemeenskappe te help.
Vir meer inligting, kontak Nadia (078 788 4112).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'