MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras se eerste rugbyspan en die Sao Bras Rugby Legends het onlangs in die skool se klubhuis byeengekom om 60 jaar van rugby by die skool te vier.
“Ses dekades van passie, trots, harde werk en onvergeetlike herinneringe,” het die skool op sy Facebook-blad geskryf.
“Van die spelers wat die grondslag gelê het tot die huidige generasie wat die tradisie voortsit - elkeen het ’n aandeel in die verhaal van Sao Bras-rugby.
“Dit was ’n geleentheid om terug te kyk, herinneringe te deel en erkenning te gee aan die manne wat die groen, geel en rooi met trots oor die jare gedra het. Ons Legends het die weg gebaan. Ons huidige spelers dra die skool vorentoe.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’