SPORTNUUS - Die Mosselbaai Shotokan-ZA klub op Mosselbaai het op Saterdag, 27 Mei, 'n suksevolle opgradering meegemaak.
Veertig studente van die klub het gekwalifiseer om by dié gradering ingesluit te word.
By die amptelike seremonie, is twee studente Liam Fortuin en Schyler Booysen, beide na die volgende graad opgeskuif.
Booysen vertrek binnekort na Skotland om in Dundee aan die World Union of Karate-Do Federations (WUKF) se 11de Wêreldbyeenkoms deel te neem. Dié byeenkoms vind tussen 13 en 16 Julie plaas.
Mosselbaai Shotokan-ZA het almal bedank wat tot die sukses van die dag bygedra het. Indien daar enige navrae omtrent aansluiting asook vrywillige bydraes is om Booysen finansieel na Skotland te ondersteun, kan Vernon Peterson op WhatsApp (076 731 4081) gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’