Gallery
MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die duiwe van die Mosselbaai Posduifklub het die afgelope naweek goed teruggekeer vanaf Drie Susters (270km).
Erik van Eeden en Chappy Gertenbach was eerste om elk 'n duif in onderskeidelik die jaaroud en ope wedvlugte te klok. Erik klok ook die eerste duif in die sprint wedvlug.
In die afdeling vir juniors klok Carel Grové die eerste jaaroud duif en Tashinga Kadye die eerste ope duif. Fanie Mollentze het 'n goeie wedvlug in die jaaroud wedvlug gehad met nege plekke onder die top 30. In die ope wedvlug het beide Fanie en Danie Barnard goeie wedvlugte gehad met onderskeidelik sewe en ses plekke onder die top 30.
Uitslae
- Jaaroud: Van Eeden Lofts (1); Daan Stander (2, 30); Boemerang (3, 14); Chapmar (4, 24, 25, 26); Mollentze Hokke (5, 6, 7, 8, 9, 10, 12, 15, 22); Jerry van der Mescht (11); Gert Wessels (13, 27, 28); Anouk (16, 21); Corrie Naude (17, 29); Barnard Lofts (18, 19, 20, 23).
- Ope: Chapmar (1, 12); Jerry van der Mescht (2); Boemerang (3, 10, 21); Mollentze Hokke (4, 5, 6, 14, 17, 18, 19); CBS (7); Barnard Lofts (8, 9, 11, 24, 26, 27); Tol Nel (13); Van Eeden Lofts (15, 25); Gert Wessels (16, 20, 28, 29); Corrie Naude (22, 23); Hekka Fourie (30).
- Sprint: Van Eeden Lofts (1); Mollentze Hokke (2, 3, 18); Gillroy (4, 14, 30); Corrie Naude (5, 8, 12, 13, 21, 22, 23); Barnard Lofts (6, 7, 10, 11, 20); Tol Nel (9, 16, 25, 27, 28); Daan Stander (15, 17); Boemerang (19); Alan Gray (24, 29); Alfie Ladson (26).
Juniors
- Jaaroud: Carel Grové (1, 5, 6, 7, 8); Tashinga Kadye (2, 3, 4, 9, 10).
- Ope: Tashinga Kadye (1, 4, 7, 10); Carel Grové (2, 5, 6); JW Schutte (3, 8, 11).
Carel Grové wenner van die juniors se jaaroud wedvlug.
Tashinga Kadye wenner van die juniors se ope wedvlug.
Chappie Gertenbach wenner van die ope wedvlug.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’